Psalms 9:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het die heidene bestraf, U het die goddelose verdelg, U het hulle naam uitgedelg vir ewig en altyd.
Afrikaans (NLV) 2011 Want U het in my guns beslis; U het op u troon as regter regverdig geoordeel.
Afrikaans 1933/1953 Want U het my reg en my regsaak behandel; U het gaan sit op die troon, o regverdige regter!
Afrikaans 1983 Toe U op die troon gaan sit het as betroubare regter, het U aan my reg laat geskied.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) want U het my reg in my regsaak gehandhaaf. U het op die troon gesit as 'n regverdige regter.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want U het gesê ek is onskuldig, U het reg gedoen aan my. U is 'n regverdige Regter wanneer U op u troon gaan sit.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maar U het my reg behandel. Soos ’n goeie regter het U my saak goed hanteer. U het ’n regverdige uitspraak gegee.