Psalms 9:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want die behoeftige sal nie altyd vergeet word nie; die verwagting van die armes sal nie vir ewig vergaan nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Die goddeloses is op pad na die graf soos al die nasies wat God vergeet.
Afrikaans 1933/1953 Die goddelose sal teruggaan na die doderyk, al die heidene wat God vergeet.
Afrikaans 1983 Die doderyk is die bestemming van die skuldiges, van al die nasies wat aan God nie dink nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Goddeloses draai om na die •doderyk, al die nasies wat God vergeet.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die mense wat verkeerd doen, al die volke wat vergeet dat daar 'n God is, sal na die doderyk gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Almal wat nie die Here dien nie, se uiteinde is die dood. So ook die volke wat vergeet dat Hy God is. Maar die Here vergeet nooit om elkeen wat sy hulp vra, by te staan nie.