Psalms 9:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die HERE word geken aan die oordeel wat Hy voltrek: die goddelose is verstrik in die werk van sy eie hande. Higgaion. Sela. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die nasies het geval in die gat wat hulle gegrawe het. Hulle voete is in hulle eie net gevang. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; hulle voet is gevang in die net wat hulle gespan het. |
| Afrikaans 1983 | Die nasies het in die gat geval wat hulle gegrawe het, hulle voete is vasgevang in die net wat hulle gespan het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Nasies het weggesink in die vangkuil wat hulle gemaak het; in daardie vangnet wat hulle gespan het, is hulle voete gevang. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die volke het in die gat geval wat hulle self gegrawe het, hulle voete sit vas in die vangnet wat hulle self styfgetrek het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat U nie ken nie, sal self tweede kom terwyl hulle ander tot ’n val probeer bring. Hulle word die prooi van hulle eie bose planne. |