Psalms 9:15 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Die heidene het gesink in die kuil wat hulle gemaak het; in die net wat hulle weggesteek het, is hulle eie voet gevat. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | sodat ek u dade bekend kan maak, U kan prys in die poorte van Sion, en kan jubel omdat U my gered het. |
| Afrikaans 1933/1953 | sodat ek al u roemryke dade kan vertel, in die poorte van die dogter van Sion kan juig oor u heil. |
| Afrikaans 1983 | Dan kan ek van al u roemryke dade vertel, in die poorte van Sion kan ek juig oor die uitkoms wat U gegee het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | sodat ek van al u lofwaardige dade kan vertel in die poorte van die dogter van Sion. Ek wil juig oor die verlossing wat U bring. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dan sal ek kan vertel van die wonderlike dinge wat U gedoen het, dan kan ek in die poorte van Jerusalem juig omdat U my gered het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Help my asseblief, Here, sodat ek oor u wonderlike dade kan praat. Almal moet daarvan weet. By u woonplek sal ek vertel dat U my gered het. En ek sal bly wees. |