Psalms 9:14 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Dat ek al u lof kan verkondig in die poorte van die dogter van Sion; ek sal juig oor u verlossing. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, wees my genadig. Kyk na die ellende wat haters my aangedoen het! Ruk my uit die poorte van die dood |
| Afrikaans 1933/1953 | Wees my genadig, HERE, aanskou my ellende vanweë my haters, U wat my verhef uit die poorte van die dood; |
| Afrikaans 1983 | Wees my genadig, Here, aanskou die ellende wat my haters my aangedoen het, U wat my terugruk uit die poorte van die dood. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Wees my genadig, Here, kyk hoe my haters my verdruk – U wat my kan wegruk uit die poorte van die dood – |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U moet jammer wees vir my en U moet my help, U moet kyk hoe swaar laat my vyande my kry. Ek is naby die dood, U moet my red. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, wees goed vir my. Maak u hart vir my oop. Help my wanneer hulle wat my haat, my wil doodmaak. Dis net U wat kan sorg dat ek nie doodgaan nie. |