Psalms 9:13 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wees my genadig, HERE; let op my benoudheid wat ek ly van die wat my haat, U wat my ophef uit die poorte van die dood.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Hy wat bloedvergieting wreek, gee om vir hulpelose mense. Hulle wat tot Hom roep in nood, dié vergeet Hy nie.
Afrikaans 1933/1953 Want Hy wat die bloed soek, dink aan hulle; Hy vergeet die geroep van die ellendiges nie.
Afrikaans 1983 Hy dink aan die onskuldiges en wreek hulle dood, Hy verontagsaam nie die geroep van dié wat in nood verkeer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Want Hy wat bloedvergieting vergeld, dink aan die magteloses; Hy vergeet nie hulle hulpgeroep nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) want Hy onthou die mense wat onskuldig gesterf het en Hy straf die mense wat vir hulle doodgemaak het. Hy hoor wanneer mense Hom roep en vra dat Hy moet help, mense wat hulleself nie kan beskerm nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Hy gee om vir mense wat onskuldig ly. Hy help elkeen wat in die nood is. Wanneer hulle sy hulp vra, sal Hy hulle nie ignoreer nie.