Psalms 9:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wanneer Hy na bloed vra, dink Hy aan hulle; Hy vergeet nie die geroep van die nederiges nie. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Sing lofliedere vir die Here wat op Sion woon, vertel van sy dade onder die volke. |
| Afrikaans 1933/1953 | Psalmsing tot eer van die HERE wat op Sion woon; verkondig onder die volke sy dade. |
| Afrikaans 1983 | Sing tot eer van die Here wat op Sion woon, vertel die volke van sy dade! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Besing die Here wat in Sion regeer; maak sy dade onder die volke bekend. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Julle moet vir die Here sing en Hom prys, die Here wat op Sionsberg woon, julle moet vir die volke vertel wat die Here gedoen het, |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Julle wat die Here dien, kom sing lofliedere om Hom te eer. Hy woon in Jerusalem. Praat onder al die volke oor dit wat Hy doen. |