Psalms 89:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want wie in die hemel kan met die HERE vergelyk word? Wie onder die seuns van die magtiges kan met die HERE vergelyk word?
Afrikaans (NLV) 2011 Here, die hemel prys u wondermag; die hemelse wesens prys u trou.
Afrikaans 1933/1953 En die hemele loof u wondermag, o HERE, ook u trou in die vergadering van die heiliges.
Afrikaans 1983 Die hemel loof u wondermag, Here, die hemelinge loof u trou.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Die hemel moet u wonders prys, Here; ja, u trou in die byeenkoms van heiliges.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, almal in die hemel moet praat oor u wonderwerke, die vergadering van die engele moet praat en sê dat U altyd dieselfde bly.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die hemelwesens sing oor u krag om wonders te doen. Ja, ’n mens kan U regtig vertrou.