Psalms 89:50 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Dink, HERE, aan die smaad van u dienaars; hoe dra ek die smaad van al die magtige mense in my boesem;
Afrikaans (NLV) 2011 Here, waar is u liefde van vroeër wat U in u trou met ’n eed aan Dawid beloof het?
Afrikaans 1933/1953 Here, waar is u vorige goedertierenhede wat U aan Dawid met 'n eed beloof het in u trou?
Afrikaans 1983 Waar is u liefde van vroeër, Here, wat U in u trou plegtig aan Dawid belowe het?
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Waar is u troue liefde van vroeër, my Heer, wat U in u trou met 'n eed beloof het aan Dawid?
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het altyd gedoen wat U belowe het, hoekom doen U dit nie nou ook nie? Hoekom het U nie dieselfde gebly soos U vir Dawid belowe het nie?
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Here, waar is u goedheid en liefde heen? U het tog beloof dat U altyd vir Dawid lief sal bly en goed vir hom sal wees.