Psalms 89:39 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het die verbond van U kneg tot niet gemaak; U het sy kroon ontheilig deur dit op die grond te gooi. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar U het hom verwerp en verstoot. U was kwaad vir u gesalfde. |
| Afrikaans 1933/1953 | Maar U het self verstoot en verag, U het toornig geword teen u gesalfde. |
| Afrikaans 1983 | Maar nou het U in u toorn tog u gesalfde verstoot en verwerp. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Maar U self het hom verstoot en verwerp, U was woedend vir u gesalfde. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Maar, Here, U is nou kwaad vir u gesalfde, U het hom weggestoot, U het hom gelos. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Maar U het tog kwaad geword vir die een wat U as koning aangestel het. U het hom nou alleen gelaat. |