Psalms 89:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ek het 'n verbond gesluit met my uitverkorenes, ek het aan my kneg Dawid gesweer, |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek het gesê: “U troue liefde sal vir altyd duur. U getrouheid is so standvastig soos die hemel.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Want ek het gesê: Goedertierenheid sal vir ewig gebou word; in die hemele -- daar bevestig U u trou. |
| Afrikaans 1983 | Ek sê: “U liefde en u trou wankel nooit, dit hou vir altyd stand in hemel en op aarde.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ja, ek sê dit: Vir ewig word u troue liefde gevestig; in die hemel hou U u trou in stand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ja, ek sê dat U altyd doen wat U belowe het, U sal dieselfde bly, soos die lug daarbo. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sê: “U liefdevolle goedheid sal daar wees so lank as wat daar ’n son en wolke en ’n hemel is, en langer.” |