Psalms 89:20 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Ek het my dienaar Dawid gevind; met my heilige olie het Ek hom gesalf.
Afrikaans (NLV) 2011 Voorheen het U deur ’n visioen met hulle wat aan U getrou is, gepraat en gesê: “Ek het hulp verleen aan ’n krygsman. Uit die gewone mense het Ek die uitverkore een verhef.
Afrikaans 1933/1953 Toe het U in 'n gesig gespreek met u gunsgenoot en gesê: Ek het hulp verleen aan 'n held, 'n uitverkorene uit die volk verhef.
Afrikaans 1983 U het 'n openbaring gegee, oor u troue dienaar het U gesê: “Ek het aan 'n held my bystand geskenk, aan 'n dapper jong man uit die volk 'n ereplek gegee.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het destyds in 'n visioen 'n belofte gemaak aan u getroue volgelinge. U het gesê: “Ek het hulp verleen aan 'n held, Ek het 'n jong man uit die volk verhoog.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Lank gelede het U verskyn aan die mense wat in U glo, en U het gesê: “Ek het besluit dat Ek 'n belangrike man sal help. Ek het iemand van die volk gekies en Ek het hom belangrik gemaak,
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) In ’n visioen het U vir u profeet oor hom gesê: “Ek het ’n held gehelp. En Ek eer hom.