Psalms 89:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want Ek het gesê: Barmhartigheid sal tot in ewigheid opgebou word; U trou sal U in die hemel bevestig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek wil altyd sing van die goedheid van die Here. Ek wil, geslag na geslag, sy getrouheid bekendmaak. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die goedertierenhede van die HERE wil ek vir ewig besing; ek wil u trou bekend maak met my mond van geslag tot geslag. |
| Afrikaans 1983 | Ek sal altyd sing van die Here se liefdesdade, sy trou verkondig aan komende geslagte. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Oor die troue liefde van die Here wil ek altyd sing; van geslag tot geslag wil ek u trou met my mond bekend maak. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, ek wil altyd sing en sê dat U elke maal doen wat U belowe het, ek wil vir elke geslag leer dat U altyd dieselfde bly. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek sal altyd liedere sing oor die Here wat so goed is vir my omdat Hy my liefhet. Ek sal vir almal wil vertel dat ’n mens U altyd kan vertrou. |