Psalms 89:19 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Toe het U in 'n gesig met U Heilige gespreek en gesê: Ek het 'n magtige hulp verleen; Ek het een uit die volk uitverkies verhef. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here is ons beskermer, die Heilige van Israel is ons koning. |
| Afrikaans 1933/1953 | Want aan die HERE behoort ons skild, en ons koning aan die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 1983 | Ons koning behoort aan die Here, ja, ons beskermer behoort aan die Heilige van Israel. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Want aan die Here behoort ons skild, aan die •Heilige van Israel behoort ons koning. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die Here, die Heilige God van Israel, het ons koning vir ons gegee, die koning wat ons moet beskerm. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here stel die koning aan om ons te beskerm. Hy behoort aan U. |