Psalms 89:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | In u Naam sal hulle die hele dag bly wees, en in U geregtigheid sal hulle verhewe wees. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Geseënd is hulle wat U met vreugde dien, wat lewe in die lig van u teenwoordigheid, Here. |
| Afrikaans 1933/1953 | Welgeluksalig is die volk wat die geklank ken; o HERE, hulle wandel in die lig van u aangesig. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met die volk wat kan jubel tot u eer, wat in u lig lewe, Here. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is die volk wat uitroepe van vreugde ken, wat in die lig van u teenwoordigheid loop, Here! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, dit gaan goed met 'n volk wat weet hoe om vir U te juig en wat naby U kan lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die mense is gelukkig wat liedere vir U kan sing, wat in u teenwoordigheid mag leef. |