Psalms 89:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het 'n magtige arm: sterk is U hand, en hoog is U regterhand. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het noord en suid gemaak, Tabor en Hermon prys u Naam. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die noorde en die suide -- U het dit geskape; Tabor en Hermon jubel in u Naam. |
| Afrikaans 1983 | Die noorde en die suide, U het dit geskep; Tabor en Hermonberg roem u Naam. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Die noorde en die suide – U, U het dit geskep. Tabor en Hermon jubel in u Naam. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U het besluit waar die noorde en die suide moet wees, Tabor-berg en Hermon-berg juig omdat hulle U ken. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die hoogste berge het U gevorm, daar kan ’n mens sien hoe groot U regtig is. |