Psalms 89:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Die noorde en die suide het U hulle geskape: Tabor en Hermon sal in U Naam bly wees.
Afrikaans (NLV) 2011 Aan U behoort die hemel, die aarde is u besitting, die wêreld en alles daarin — dit alles het U gemaak.
Afrikaans 1933/1953 Aan U behoort die hemel, aan U ook die aarde; die wêreld en sy volheid -- U het dit gegrond.
Afrikaans 1983 Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde, die wêreld en alles daarin. U het alles gemaak.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Aan U behoort die hemel, ook die aarde behoort aan U. Die wêreld en alles daarop – U, U het dit gegrondves.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Die hemel behoort aan U, die aarde behoort ook aan U, die wêreld en alles daarop. U het hulle vas laat staan vir altyd.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het alles gemaak. Dit is U s’n. Alles, van die noorde tot die suide, het U gemaak. Alles behoort aan U.