Psalms 89:11 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Aan U behoort die hemel, aan U behoort ook die aarde; die wêreld en die volheid daarvan, U het dit gegrond. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het vir Rahab vernietig, met u sterke arm u vyande verdryf. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het Rahab verbrysel soos een wat verslaan is, met u sterke arm u vyande verstrooi. |
| Afrikaans 1983 | U het die monster Rahab verbrysel, hy is verslaan. Deur u groot mag het U u vyande uitmekaargejaag. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U, U het die deurboorde Rahab verpletter, met u sterk arm het U u vyande verstrooi. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is U wat vir Rahab geslaan het sodat hy gesterf het, dit is U wat u vyande na al die kante toe gejaag het, want U is sterk. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Alle vyande, groot en klein, het voor u mag geswig. U verslaan selfs die magtige seemonsters. U het as wenner uit die stryd getree. |