Psalms 89:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het Ragab stukkend gebreek soos een wat verslaan is; U het U vyande met U sterk arm verstrooi.
Afrikaans (NLV) 2011 U heers oor die bruisende oseane. As die golwe styg, laat U dit bedaar.
Afrikaans 1933/1953 U heers oor die trotsheid van die see; as sy golwe hulle verhef, bring U hulle tot bedaring.
Afrikaans 1983 U heers oor die onstuimige see: as sy golwe opstaan, laat U hulle bedaar.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U heers oor die deining van die see. Wanneer die golwe styg, bring U hulle tot bedaring.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is U wat die wilde see stil maak, dit is U wat die hoë branders stil laat word.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U is in beheer van die see met sy onstuimige golwe. U laat hulle bedaar.