Psalms 88:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | My oog treur vanweë ellende: HERE, ek roep U daagliks aan, ek steek my hande na U uit. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | U het my vriende van my weggeneem. U het gemaak dat hulle my verafsku. Ek is vasgevang en kan nie ontsnap nie. |
| Afrikaans 1933/1953 | U het my bekendes ver van my verwyder, my iets afskuweliks gemaak vir hulle; ek is ingesluit en kan nie uitkom nie. |
| Afrikaans 1983 | U laat my bekendes ver van my af staan en maak my vir hulle iets afskuweliks; ek sit vasgevang en kan nie uitkom nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | U het my bekendes van my verwyder, U het my iets afstootliks gemaak vir hulle. Ek is opgesluit en kan nie uitkom nie; |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | U laat die mense wat my ken, ver van my staan, hulle wil nie naby my kom nie. Ek sit vas en ek kan nie uitkom nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | U maak dat hulle wat vir my lief is, nie naby my wil kom nie; hulle vermy my asof ek ’n verskriklike siekte het. Ek kan nie opstaan nie. Ek kan nie wegvlug nie. Ek voel so vasgekeer soos iemand wat in die tronk toegesluit is; ek kan niks doen nie. |