Psalms 88:8 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het my bekende ver van my verwyder; U het my vir hulle 'n gruwel gemaak; ek is toegesluit en kan nie uitkom nie.
Afrikaans (NLV) 2011 U toorn rus swaar op my, u golwe het oor my geslaan. Sela
Afrikaans 1933/1953 U grimmigheid rus op my, en U druk my neer met al u golwe. Sela.
Afrikaans 1983 U gramskap rus swaar op my, U laat al u golwe oor my breek. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U woede rus swaar op my; met al u golwe onderdruk U my.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U is kwaad vir my en ek is moedeloos, dit is soos groot branders wat oor my spoel. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U is kwaad vir my. As ek wil opstaan, slaan U my plat soos ’n brander wat jou van jou voete afvee.