Psalms 88:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U het my neergelê in die onderste kuil, in duisternis, in die dieptes. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Ek word saam met dooies getel, saam met gesneuweldes in die graf, hulle vir wie U nie meer onthou nie, wat afgesny is van u versorging. |
| Afrikaans 1933/1953 | vrygelaat onder die dooies, soos die wat verslaan is, wat in die graf lê, aan wie U nie meer dink nie, en wat afgesny is van u hand. |
| Afrikaans 1983 | Dit is asof ek al tussen die dooies is, tussen dié wat gesneuwel het en in hulle grafte lê, dié aan wie U nie meer dink nie en van wie U u hand teruggetrek het. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | vrygelaat onder die dooies, soos gesneuweldes wat in 'n graf lê, aan wie U nie meer dink nie; hulle wat afgesny is van u hand. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit voel of U my gelos het by die mense wat klaar gesterf het, dit voel of ek by die mense is wat in oorlog gesterf het en wat nou in 'n graf lê, mense aan wie U nie meer dink nie en vir wie U niks doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek voel soos ’n dooie, soos iemand wat in die oorlog vir dood laat lê is. Dit lyk of U niks meer vir so iemand omgee nie. Dit lyk of U u hand teruggetrek het. |