Psalms 88:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Vry onder die dooies, soos die gesneuweldes wat in die graf lê, aan wie jy nie meer dink nie, en hulle is uit jou hand uitgeroei.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek word getel saam met dié wat op pad is na die graf. Ek het geword soos ’n sterk man met geen krag meer oor nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek word gereken by die wat in die kuil neerdaal; ek het geword soos 'n man sonder krag,
Afrikaans 1983 ek staan al met die een voet in die graf, ek het geen krag meer nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) ek word gereken by dié wat afdaal in die put. Ek het geword soos 'n sterk man sonder krag,
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Mense dink dat ek sal sterf, ek het geword soos 'n mens wat nie krag het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is nie meer ver van doodgaan af nie. Mense dink dat ek klaar dood is. Ek het nie meer krag oor nie.