Psalms 88:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | U gloeiende toorn gaan oor my; U verskrikkinge het my uitgeroei. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Vanaf my jeug het ek gely en was ek naby my dood. Die las van u verskrikking het my in verwarring. |
| Afrikaans 1933/1953 | Van jongs af is ek ellendig en klaar om te sterwe; ek dra u verskrikkinge, ek is radeloos. |
| Afrikaans 1983 | Ek ly swaar, ek kwyn al weg van my jeug af. Dit is 'n swaar las waarmee U my teister. Ek weet geen raad meer nie. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek is magteloos, in doodsgevaar van my jeug af; verslae dra ek u verskrikkinge. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek kan myself nie help nie, ek was naby die dood vandat ek jonk was. U het my baie swaar laat kry, en ek weet nie wat om te doen nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Van jongs af kry ek al swaar. U maak my aanhoudend bang. Ek weet nie meer wat om te doen nie. |