Psalms 88:12 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Sal u wonders in die donker bekend word? en U geregtigheid in die land van vergeetagtigheid? |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Word u liefde in die graf verkondig, en u trou in die plek van verderf? |
| Afrikaans 1933/1953 | Kan u goedertierenheid vertel word in die graf, u trou in die plek van vertering? |
| Afrikaans 1983 | Word daar in die graf vertel van u troue liefde? Word daar in die plek waar almal vergaan, van u trou vertel? |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Word daar in die graf gepraat oor u troue liefde, oor u betroubaarheid in die onderwêreld? |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | In die graf, die onderwêreld, sê mense nie dat U doen wat U belowe nie, hulle sê nie dat hulle seker is U sal help nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dooie mense kan nie van die goeie dinge vertel wat U gedoen het nie. Mense wat in die graf lê, ervaar tog nie dat U hulle liefhet nie. |