Psalms 88:10 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Wil jy wonders aan die dooies doen? sal die dode opstaan en U loof? Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 My oë is dof van droefheid. Here, elke dag roep ek U om hulp, en sprei my hande uit na U in gebed.
Afrikaans 1933/1953 My oog vergaan van ellende. HERE, ek roep U aan die hele dag deur, ek brei my hande na U uit.
Afrikaans 1983 My oë is al dof van ellende; die hele dag deur roep ek na U, Here, en steek ek my hande in gebed na U uit.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) my oë verdof van ellende. Ek roep na U, Here, elke dag, ek strek my handpalms na U uit.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) My oë het dof geword, want ek kry baie swaar. Ek het tot U gebid, Here, ek het die hele dag my hande uitgesteek na U.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek sien geen uitkomkans nie. Ek het geen hoop meer nie, my probleme is te groot. Here, ek bid dwarsdeur die dag baie ernstig tot U. Ek vra baie mooi dat U my moet help.