Psalms 86:16 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Bekeer julle tot my en wees my genadig; gee U krag aan U kneg en verlos die seun van U slavin.
Afrikaans (NLV) 2011 Sien my raak en wees my genadig. Gee sterkte aan u dienaar, red die seun van u dienares.
Afrikaans 1933/1953 Wend U tot my en wees my genadig; gee u sterkte aan u kneg en verlos die seun van u diensmaagd.
Afrikaans 1983 Sien my, u dienaar van my geboorte af, in genade aan, gee U my tog krag en red my.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Draai na my en wees my genadig; gee u krag aan u dienskneg, en verlos die seun van u diensmeisie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet na my kyk en U moet genadig wees vir my, U moet my sterk maak en my red. Ek behoort aan U vandat ek gebore is.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Help my, Here! Maak u hart vir my oop. Gee my krag. Red my. Ek dien U mos. Ek is deel van ’n familie wat U dien.