Psalms 86:1 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | ('n Gebed van Dawid.) Buig u oor, HERE, luister na my, want ek is arm en behoeftig. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister tog na my gebed, Here! Antwoord my, want ek is arm en ellendig. |
| Afrikaans 1933/1953 | 'n Gebed van Dawid. HERE, neig u oor, verhoor my, want ek is ellendig en behoeftig. |
| Afrikaans 1983 | 'n Gebed van Dawid. Luister tog na my, Here, verhoor my gebed, want ek is hulpeloos en arm. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | 'n Gebed. Van Dawid. Here, draai u oor, antwoord my, want ek is magteloos en behoeftig. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | 'n Gebed. Van Dawid. Here, U moet luister, U moet my antwoord, want ek kan myself nie help nie en ek het niks. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, luister tog as ek bid. Help my, want ek is in ’n krisis. Beskerm my, want ek is in die nood. Ek is desperaat. |