Psalms 85:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Waarlik, sy heil is naby die wat Hom vrees; dat heerlikheid in ons land mag woon.
Afrikaans (NLV) 2011 Ek sal luister na wat God die Here sê. Hy belowe vrede aan sy volk en aan hulle wat getrou is. Laat hulle nie weer terugkeer na hulle dwase weë nie.
Afrikaans 1933/1953 Ek wil hoor wat God die HERE spreek. Ja, Hy spreek vrede vir sy volk en vir sy gunsgenote; maar laat hulle nie tot dwaasheid terugkeer nie!
Afrikaans 1983 Ek wil luister na wat God die Here sê, want sy woord bring vrede vir sy volk, vir dié wat Hom getrou dien. Hulle moet net nie weer afdwaal nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek wil hoor wat God, die Here, sê, want Hy praat oor vrede vir sy volk en sy getroue volgelinge. Hulle moet net nie terugkeer na dwaasheid nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Ek wil hoor wat God die Here sê, want Hy sal sê dat dit weer goed sal gaan met sy volk, met die mense wat in Hom glo. Maar hulle moenie weer dwase dinge doen nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Dit is ’n baie ernstige saak as God, die Here, praat. Wat Hy sê, bring vrede vir die mense wat dit doen. Maar daar is ’n voorwaarde: hulle moet net nie weer verkeerde dinge aanvang nie.