Psalms 85:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sal jy vir ewig vir ons toornig wees? sal U U toorn uittrek van geslag tot geslag?
Afrikaans (NLV) 2011 Herstel ons, God van ons redding. Laat vaar u woede teen ons.
Afrikaans 1933/1953 Herstel ons, o God van ons heil, en maak tot niet u grimmigheid teen ons!
Afrikaans 1983 Ontferm U weer oor ons, o God, ons Verlosser, moet tog nie langer op ons toornig wees nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Herstel ons nou weer, o God wat ons verlos; maak 'n einde aan u ergernis teen ons.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) O God, U wat altyd vir ons gered het, U moet dit weer goed laat gaan met ons.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, verander tog ons omstandighede. Kry ons weer jammer. U is die Een wat ons vrymaak. Moenie meer vir ons kwaad wees nie.