Psalms 85:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Geregtigheid sal voor hom uit gaan; en sal ons stel op die weg van sy voetstappe. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Die Here sal beslis voorspoed gee, en ons land sal oeste oplewer. |
| Afrikaans 1933/1953 | Ook gee die HERE die goeie, en ons land lewer sy opbrings. [ (Psalms 85:14) Geregtigheid gaan voor Hom uit, en dit let op die weg van sy voetstappe. ] |
| Afrikaans 1983 | Die Here sal voorspoed skenk en ons land sal sy oes gee. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Daarby sal die Here gee wat goed is, en ons land sal sy opbrengs lewer. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hy sal ook vir ons goeie dinge gee, en daar sal baie koring in ons land wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Dit is net soos met ’n goeie oes: die Here gee goeie reën op die vrugbare grond wat goed bewerk is. Dan lewer die land ’n groot oes. |