Psalms 85:10 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Barmhartigheid en waarheid word saam ontmoet; geregtigheid en vrede het mekaar gesoen. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Redding is beslis voor die deur vir hulle wat Hom dien. Dan sal sy magtige teenwoordigheid in ons land bly woon. |
| Afrikaans 1933/1953 | Gewis, sy heil is naby die wat Hom vrees, sodat heerlikheid in ons land kan woon. |
| Afrikaans 1983 | Waarlik, uitkoms is naby vir dié wat Hom dien: Hy sal sy reddende mag in ons land openbaar. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Sy verlossing is beslis naby dié wat vir Hom ontsag het, sodat sy heerlikheid in ons land 'n tuiste kan hê. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit is seker, die tyd is naby wanneer die Here die mense sal red wat Hom dien. Dan sal Hy, die Koning, by ons in ons land wees. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Die Here maak mense vry wat Hom dien. Hy help hulle wat Hom aanbid, en gou ook. Hy red hulle. Almal hier rondom ons sal dit sien. |