Psalms 84:9 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Kyk, o God, ons skild, en aanskou die aangesig van u gesalfde. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here God, die Almagtige, luister na my gebed. Luister, o God van Jakob! Sela |
| Afrikaans 1933/1953 | HERE, God van die leërskare, hoor my gebed; luister tog, o God van Jakob! Sela. |
| Afrikaans 1983 | Here, almagtige God, hoor my gebed, luister tog, God van Jakob! Sela |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Here, God, Heerser oor alle magte, hoor tog my gebed, luister tog, God van Jakob! |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Here, U wat oor alles regeer, U moet luister wanneer ek bid. God van Jakob, U moet luister. Sela |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Luister asseblief wat ek vra, o Here, U wat alles kan doen. U is die groot Bevelvoerder, die God van Jakob. Hoor my gebed. |