Psalms 84:7 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Hulle gaan van krag tot krag, elkeen van hulle in Sion verskyn voor God.
Afrikaans (NLV) 2011 Gaan hulle deur ’n droë vallei, word dit omskep tot ’n fonteinedal. Vroeë reëns bring vir hulle seëninge.
Afrikaans 1933/1953 As hulle deur die Droë Laagte trek, maak hulle dit 'n fonteinland; ook oordek die vroeë reën dit met seëninge.
Afrikaans 1983 Vir hulle gaan daar fonteine oop wanneer hulle deur 'n dorre laagte trek en die vroeë reëns sy seëninge bring.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Trek hulle deur die Baka-vallei, maak hulle daarvan 'n landskap ryk aan fonteine; die vroeë reën maak dit selfs vol waterpoele.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Wanneer hulle deur 'n droë vallei moet gaan, dan gaan daar fonteine vir hulle oop en dan laat die eerste reën dit goed gaan.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) As hulle deur ’n droë vallei gaan, breek die aarde in fonteine oop en sak die vroeë reën uit sodat daar oral poele water staan.