Psalms 84:6 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Wat deur die dal van Baca trek, maak dit 'n put; die reën vul ook die poele. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Gelukkig is hulle wie se krag van U kom, wat hulle harte rig op ’n pelgrimstog. |
| Afrikaans 1933/1953 | Welgeluksalig is die mens wie se sterkte in U is, in wie se hart die gebaande weë is. |
| Afrikaans 1983 | Dit gaan goed met mense wat hulle krag in U vind en graag na u tempel toe gaan. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Gelukkig is mense wie se krag in U lê! Die pelgrimstogte leef in hulle gedagtes: |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Dit gaan goed met mense wat weet dat U hulle sal beskerm en wat graag na u tempel wil kom. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Gelukkig is mense wat hulle krag by U soek en wat heeltyd droom oor hoe hulle u huis gaan besoek. |