Psalms 84:5 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geseënd is die man wie se krag in jou is; in wie se hart hulle weë is.
Afrikaans (NLV) 2011 Gelukkig is hulle wat in u huis woon, waar hulle U deurentyd kan loof. Sela
Afrikaans 1933/1953 Welgeluksalig is hulle wat woon in u huis; hulle prys U gedurig. Sela.
Afrikaans 1983 Dit gaan goed met mense vir wie u huis 'n tuiste is: hulle hou nie op om U te prys nie. Sela
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Gelukkig is hulle wat in u huis woon! Hulle loof U gedurig.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit gaan goed met mense wat in u tempel woon, hulle hou nie op om U te prys nie. Sela
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Gelukkig is die mense wat tuis voel in u huis en nie ophou om die mooiste dinge oor U te sê nie.