Psalms 84:4 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Geseënd is die wat in u huis woon; hulle sal U nog loof. Sela.
Afrikaans (NLV) 2011 Selfs ’n mossie kry hier ’n plek, en die swaeltjie bou haar nes en maak haar kleintjies groot naby u altare, Here, die Almagtige, my Koning en my God!
Afrikaans 1933/1953 Selfs vind die mossie 'n huis en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God!
Afrikaans 1983 Selfs 'n mossie het 'n nes en 'n swaeltjie 'n plek vir haar kleintjies daar by u altare, Here, Almagtige, my Koning en my God!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Selfs 'n mossie vind 'n tuiste, en 'n swaeltjie haar nes waarin sy haar kleintjies neerlê, by u altare, Here, Heerser oor alle magte, my Koning en my God!
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Here, U wat oor alles regeer, die mossies het ook neste, en die swaeltjies het plek vir hulle kleintjies daar by u altare, my Koning en my God.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die voëltjies maak hulle nes naby u altaar, o Here, God, groot Bevelvoerder. U is my God, en U heers oor die heelal.