Psalms 84:3 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ja, die mossie het 'n huis gevind, en die swaweltjie 'n nes vir haar, waar sy haar kleintjies kan neerlê, naamlik u altare, HERE van die leërskare, my Koning en my God. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Here, ek verlang, ek hunker na u woning. Met my hele wese, liggaam en gees, wil ek jubel oor die lewende God. |
| Afrikaans 1933/1953 | My siel verlang, ja, smag na die voorhowe van die HERE; my hart en my vlees jubel uit tot die lewende God. |
| Afrikaans 1983 | Ek versmag van verlange na die tempel van die Here; met alles wat ek is, wil ek jubel oor die lewende God. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | My hele wese verlang, ja, smag na die voorhowe van die Here; my hart en liggaam roep uit na die lewende God. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Ek wil graag daar wees, ek verlang na die tempel van die Here, ek wil juig oor die God wat lewe. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek verlang so om net in u woonplek te staan. Ek wil baie bly wees omdat U die God is wat leef. |