Psalms 84:12 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) O HERE van die leërskare, geseënd is die man wat op U vertrou.
Afrikaans (NLV) 2011 ’n Son en skild is die Here God. Die Here gee genade en eer. Hy sal die goeie nie weerhou van hulle wat doen wat reg is nie.
Afrikaans 1933/1953 Want die HERE God is 'n son en skild; die HERE sal genade en eer gee; Hy sal die goeie nie onthou aan die wat in opregtheid wandel nie. [ (Psalms 84:13) HERE van die leërskare, welgeluksalig is die mens wat op U vertrou! ]
Afrikaans 1983 Die Here God is ons krag en ons beskerming, die Here gee genade en eer, Hy weerhou die goeie nie van dié wat reg lewe nie.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ja, 'n son en skild is die Here God; genade en eer is wat die Here skenk. Hy hou wat goed is nie terug van hulle wat onberispelik leef nie.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) God die Here gee vir ons lewe en beskerm ons, die Here is genadig en Hy gee vir ons eer. Hy gee goeie dinge vir mense wat eerlik lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Here God wys vir ons wat ons moet doen en beskerm ons in gevaar. Hy gee vir ons dinge wat ons nie verdien nie omdat ons reg lewe.