Psalms 83:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Want hulle het met een instemming beraadslaag: hulle is bondgenote teen jou; |
| Afrikaans (NLV) 2011 | “Kom,” sê hulle. “Laat ons hulle as nasie uitwis sodat die naam van Israel nie meer onthou sal word nie.” |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle sê: Kom, laat ons hulle vernietig, dat hulle geen volk meer is nie, sodat aan die naam van Israel nie meer gedink word nie. |
| Afrikaans 1983 | Hulle sê: “Kom ons roei hulle uit dat hulle nie meer 'n volk is nie, dat niemand meer die naam Israel sal onthou nie.” |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle het gesê: “Kom ons wis hulle uit as 'n nasie sodat die naam Israel nie meer onthou word nie.” |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle sê: “Kom ons maak hulle almal dood sodat hulle nie meer 'n volk is nie en sodat niemand die naam Israel sal onthou nie.” |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hulle sê: “Kom ons gaan maak daardie klomp dood. Dan kan hulle nie meer die Here se kinders wees nie. Niemand sal dan meer oor God se kinders praat of van hulle onthou nie.” |