Psalms 83:2 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Want kyk, jou vyande maak rumoer, en die wat jou haat, het die hoof opgehef.
Afrikaans (NLV) 2011 Moenie onverskillig toekyk nie, o God. Moenie stilbly en niks doen nie, o God!
Afrikaans 1933/1953 o God, hou U nie stil nie, swyg nie en rus nie, o God!
Afrikaans 1983 Moet tog nie afsydig staan nie, o God, moet tog nie stilbly en niks doen nie!
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) O God, moet tog nie stilbly nie; moet U nie doof hou nie en moenie stil wees nie, o God.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) O God, U moenie stilbly nie, U moenie maak of U niks hoor nie, U moet iets doen.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) God, hou op om my te ignoreer; U wil niks met my te doen hê nie. Moenie maak of U my nie hoor en dan niks doen nie.