Psalms 83:18 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Sodat die mense kan weet dat U, wie se Naam alleen Jehovah is, die Allerhoogste oor die hele aarde is.
Afrikaans (NLV) 2011 Laat hulle altyd beskaamd en verskrik wees. Laat hulle verward wees en vergaan
Afrikaans 1933/1953 Laat hulle beskaamd staan en verskrik wees vir ewig, en laat hulle rooi van skaamte word en omkom; [ (Psalms 83:19) sodat hulle kan weet dat U, wie se Naam HERE is, alleen die Allerhoogste is oor die hele aarde. ]
Afrikaans 1983 Bring hulle tot skande, maak die lewe vir hulle een lang verskrikking, verneder hulle en wis hulle uit;
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Laat hulle vir altyd beskaamd staan en verskrik wees; laat hulle in die skande kom en ten gronde gaan.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U moet hulle laat besef dat hulle nie kan wen nie, hulle moenie ophou skrik nie, dit moet so sleg gaan met hulle dat hulle sterf.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Maak hulle skaam oor wat hulle aanvang! Laat hulle lewe een groot verskrikking wees. En wis hulle van die aarde af.