Psalms 82:5 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hulle weet nie, en hulle sal nie verstaan nie; hulle loop voort in die duisternis: al die fondamente van die aarde is verwerplik. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Maar hulle weet nie en verstaan nie. Hulle lewe in duister terwyl die fondamente van die aarde skud. |
| Afrikaans 1933/1953 | Hulle weet nie en verstaan nie; hulle loop rond in duisternis: al die fondamente van die aarde wankel. |
| Afrikaans 1983 | maar julle weet niks, julle verstaan niks, julle gaan eenvoudig in duisternis voort, en so word die fondamente van die wêreld geskud. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | “Hulle weet niks nie en hulle verstaan nie, hulle verkeer in die duister. Al die fondamente van die aarde wankel. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | “Maar julle weet niks, julle verstaan niks, julle doen net slegte dinge, dinge van die donker, en daarom word almal in die wêreld slegter. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Hoe dom is julle nie, so sonder verstand. Julle verstaan nog niks. Julle het die pad skoon byster geraak. So het julle alles in die wêreld deurmekaargekrap. |