Psalms 82:3 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Beskerm die armes en die wees, doen reg aan die ellendige en behoeftige.
Afrikaans (NLV) 2011 “Laat reg geskied aan armes en wese. Verdedig die saak van die hulpelose en behoeftige.
Afrikaans 1933/1953 Doen reg aan die swakke en die wees; gee aan die ellendige en die arme sy reg.
Afrikaans 1983 Julle moet reg laat geskied aan die mens in nood en aan die weeskind, 'n regverdige uitspraak vir die hulpelose en die behoeftige lewer,
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Handhaaf die reg van hulpeloses en vaderloses; laat reg geskied aan magteloses en armes.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Julle moet reg doen aan arm mense en aan mense wat niemand het wat hulle kan help nie. Julle moet sê wanneer iemand reg is, ook iemand wat homself nie kan help nie, of iemand wat niks het nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Julle moet eerder die mense help wat hulleself nie kan help nie. Kom op vir die weeskind. Sorg liewer dat dit beter gaan met mense wat swak is en niks het nie.