Psalms 81:16 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Hy moes hulle ook gevoed het met die beste van die koring, en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig het. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Mag hulle wat die Here haat, voor Hom kruip. Mag hulle onderwerping vir altyd geld. |
| Afrikaans 1933/1953 | Die haters van die HERE sou kruipende na Hom toe kom; maar hulle tyd sou vir ewig wees. [ (Psalms 81:17) Ja, Hy sou hulle voed met die beste van die koring; en met heuning uit die rots sou Ek jou versadig. ] |
| Afrikaans 1983 | Dié wat voorgee dat hulle die Here dien, maar Hom haat, hulle straf sal vir altyd duur. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Hulle wat die Here haat, sal voor Hom onderdanigheid veins; dit is hulle lot vir altyd. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Die mense wat My haat, sou voor my volk moes kom kruip, Ek sou nie opgehou het om hulle te straf nie. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Mense wat nie van God hou nie, maar maak of hulle Hom liefhet, gaan baie spyt wees. Hulle sal in vernedering voor God moet kom kruip. God sal hulle vir altyd laat betaal. |