Psalms 81:13 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Ag, as my volk na my geluister het, en Israel in my weë gewandel het! |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Daarom het Ek hulle laat begaan, hulle prysgegee aan hulle koppigheid om te doen volgens hulle eie begeerte. |
| Afrikaans 1933/1953 | Toe het Ek hulle oorgegee aan die verhardheid van hul hart, dat hulle in hul eie planne kon wandel. |
| Afrikaans 1983 | Daarom het Ek hulle laat begaan in hulle koppigheid en hulle het hulle eie sin en wil gevolg. |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Ek het hulle aan die verstoktheid van hulle harte oorgelaat; hulle het hulle eie raad gevolg. |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | Hulle was hardkoppig en Ek het hulle gelos en hulle het gedoen wat hulle self besluit het. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Ek het hulle toe gelos sodat hulle hulle eie pad kon loop. Ek het hulle ’n kans gegee om hulle sin te kry. |