Psalms 81:11 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) Maar my volk wou nie na my stem luister nie; en Israel wou nie een van my nie.
Afrikaans (NLV) 2011 Want Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte gebring het. Maak julle mond wyd oop, dan sal Ek dit vol maak.
Afrikaans 1933/1953 Ek is die HERE jou God wat jou laat optrek het uit Egipteland; maak jou mond wyd oop, dat Ek dit kan vul.
Afrikaans 1983 Ek is die Here julle God wat julle uit Egipte laat wegtrek het. Wat julle nodig het, sal Ek in oorvloed gee.’
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) Ek, die Here, is jou God wat jou uit Egipteland laat optrek het. Maak jou mond wyd oop, sodat Ek dit kan vul.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) Dit is Ek, julle God die Here wat vir julle uit die land Egipte gebring het. Ek sal vir julle alles gee wat julle nodig het om te lewe.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Ek is mos julle Here, julle God! Dit is Ek wat julle daar in Egipte gehelp het. Ek sal goed vir julle sorg. Wat julle nodig het, gee Ek vir julle.’