Psalms 80:9 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U het plek daarvoor gereed gemaak en dit diep laat wortel skiet, en dit het die land gevul.
Afrikaans (NLV) 2011 U het ’n wingerdstok uit Egipte gaan haal. U het nasies verdryf en dit hier geplant.
Afrikaans 1933/1953 'n Wingerdstok het U uitgetrek uit Egipte; U het die nasies uitgedrywe en hom geplant.
Afrikaans 1983 U het 'n wingerdstok in Egipte uitgehaal en dit hier kom plant nadat U die nasies uitgedrywe het.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het in Egipte 'n wingerdstok uitgetrek; U het nasies verdryf en hom geplant.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het 'n wingerdstok uit Egipte geneem, U het volke uit hulle woonplek gejaag en U het die wingerdstok daar geplant.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) Die Israeliete was soos ’n wingerdplantjie. U het hulle in Egipte uit die grond getrek. U het al die vreemdes weggejaag van die plek af waar U hulle wou kom oorplant.