Psalms 80:6 — Compare Translations

7 translations compared side by side

TranslationText
Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) U maak ons 'n twis vir ons bure, en ons vyande lag onder mekaar.
Afrikaans (NLV) 2011 U het vir hulle trane as kos gegee, ’n beker vol droefheid laat drink.
Afrikaans 1933/1953 U het hulle tranebrood laat eet, hulle oorvloedig trane laat drink.
Afrikaans 1983 U het aan ons trane vir kos gegee en ons 'n beker vol verdriet laat drink.
Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) U het hulle brood van trane laat eet; U het hulle trane in oormaat laat drink.
Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) U het ons baie swaar laat kry. Ons huil en treur die hele dag, ons trane hou nie op om te val nie.
Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) U het ons baie swaar laat kry. Ons het ons oë uitgehuil oor die swaarkry wat U oor ons laat kom het.