Psalms 80:2 — Compare Translations
7 translations compared side by side
| Translation | Text |
|---|---|
| Afrikaans (Contemporary Afrikaans Bible 2023) | Voor Efraim en Benjamin en Manasse verwek jou krag, en kom en red ons. |
| Afrikaans (NLV) 2011 | Luister tog, Herder van Israel, U wat Josef soos ’n kudde gelei het. U wat oor die gerubs troon, verskyn tog in u heerlikheid |
| Afrikaans 1933/1953 | o Herder van Israel, hoor tog; U wat Josef soos skape lei, wat bo-oor die g,rubs troon, verskyn in ligglans! |
| Afrikaans 1983 | Luister tog, Herder van Israel, U wat die nageslag van Josef soos 'n kudde lei; U wat oor die gerubs troon, verskyn tog aan ons! |
| Afrikaans 2020 (Die Bybel 2020-vertaling) | Herder van Israel, luister tog! U wat Josef soos kleinvee lei, U wat oor die gerubs troon – laat skyn tog u lig |
| Afrikaans Bible (ABA) 2007 (Bybel vir almal) | O Herder van Israel, U moet luister. U wat die nageslag van Josef lei soos 'n herder sy skape en bokke lei, u troon is bokant die gerubs, U moet wys wie U is. |
| Afrikaans DB 2006 (Die Boodskap) | Here, U is soos ’n herder vir u kinders. U sorg vir al u kinders soos ’n herder sy skape oppas. U lei u kinders. Oor alles in die wêreld heers U. Luister tog nou na ons! |